Geduld kan jou aangenaam verras

Anna Robertson.

Elke tree word gegee met positiewe denke en baie nuwejaarsvoornemens vir baie mense.

Die gedagte om daarby te hou klink dalk nou vreeslik maklik, maar uithouvermoë speel hier ‘n belangrike rol.

Elke geleentheid is ‘n geleentheid wat geskep is vir ‘n spesifieke doel, daarom moet ons dit met albei hande aangryp.

Vat nou maar die egpaar wat onlangs hul 65ste huweliksherdenking gevier het.

Baie mense word nie eers so oud nie en tog is hierdie twee mense ‘n leeftyd bymekaar en positiwiteit is een van hul groot geheime.

Hul resep vir ‘n gelukkige huwelik praat nie van liefde, wedersydse respek of enige alledaagse doen en late nie.

Nee, hulle praat van geen twyfelagtighede, geduld, besig en positief bly, oordink sake, bly by jou besluit en stap weg as jy kwaad word.

Die man vertel, tong in die kies, dat hy die hoë ouderdom van 88 bereik het omdat hy so baie vars lug ontvang het.

Hy beweer hy loop buite toe om vars lug te skep sodra hy kwaad geword het.

Hier is ‘n veel dieper lewensles te leer as wat ons besef.

Hoeveel mense, veral dié wat vinnig van humeur is, bly positief en oordink sake as hulle kwaad word?

As mense eers ‘n situasie oordink voordat hulle tot aksie oorgaan, sal daar baie minder padwoede en aanrandings in ons land plaasvind.

Miskien kan die oorweging baie huwelike red en selfs minder verwaarloosde kinders tot gevolg hê.

Daar lê ‘n dieper geheim in 65 jaar se huwelik, dit behels ook uithouvermoë.

Egpare kan gerus dink aan wat hierdie twee senior burgers beweer goed wis vir hulle lang en gelukkige huwelik.

Probeer slegs een van hierdie punte vir ‘n week lank toepas en kyk wat is die gevolge.

Miskien is geduld een van die belangrikste aspekte in ‘n huwelik.

Geduld is die vermoë om te aanvaar of vertraging of moeilikheid te duld, of lyding sonder om kwaad of ontsteld te wees.

Twee mense in ‘n verhouding of huwelik moet tog leer om mekaar te aanvaar soos hulle is.

Die vraag bly egter of diegene moeilikheid sal duld en of hulle geneig is om vinnig kwaad of ontsteld te word.

Dalk is die raad van uitstap en vars lug soek wanneer jy kwaad word nie so ‘n slegte idee nie.

Dit sal kinders van kleins af leer om geduld te beoefen.

Positiwiteit speel net so ‘n belangrike rol, of dit nou in ‘n verhouding of by die werk is.

‘n Positiewe gesindheid teenoor jou kollegas, familie lede en vriende kan wonderwerke verrig.

Ons ervaar en beleef soms soveel negatiwiteit dat ons elkeen se donker wolk ‘n silwer rand nodig het.

Waarom dan nie begin met positiewe gedagtes jeens jou medemens nie?

Wie weet, dalk sal daar meer vieringe van lang en gelukkige huwelike wees met gelukkige eindes.

  AUTHOR
Anna Robertson
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Drugs camouflaged as sweets