Wat van jou mede motoriste, jaagduiwel?

Dit verstom my dat mense, selfs wanneer dit reën en die sig belemmer word, nogsteeds so jaag.

Die Blesbokspruit het sy banke oorstroom en werklik waar daar is nog mense wat met hul 4×4 voertuie daardeur wil jaag.

Is dit so moeilik vir motoriste om die natuur elemente in ag te neem asook ander versigter motoriste?

Dalk het dit iets met ‘show off’ te doen of dalk is dit net ‘n gejaag na wind.

Die voertuie jaag deur die vlak water en spat die arme voetgangers sopnat.

Is daar dan niemand wat meer omgee vir voetgangers of mede motoriste nie?

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Die stampe en stote van die lewe