Jou waarde kan tot voordeel van die maatskappy wees

Werknemers kan dalk oorweeg om tydens ‘n onderhoud aan potensiële aansoekers te vra van watter waarde hulle vir die maatskappy kan wees.

Hierdie enkele vraag kan die onderhoudvoerder ‘n goeie idee gee van wat die persoon glo en watter waarde hulle kan byvoeg tot die maatskappy.

Deur hierdie vraag te beantwoord kan jy dalk in die kategorie van onvervangbare kandidate wees.

Sulke tipe werkers, wat omgee vir hul werk, kan gerus meermale deur hul werknemers ge-evalueer word om te bepaal watter waarde hulle werklik vir die maatskappy is.

Die skep van waarde is wat goeie werkers onderskei van dié wat jy eenvoudig nie sonder kan klaarkom nie.

Goeie waarde is wat jou onvervangbaar maak.

Voorbeelde van waardes wat toegevoeg kan word sluit in om altyd ‘n goeie verhouding met jou medewerkers en kliënte op te bou.

‘n Waardevolle werknemer sal altyd sorg dat daar ‘n goeie werksverhouding is.

Hulle werk onvermoeid aan die verhoudings om die maatskappy se goeie beeld en waardes uit te dra.

Veral wanneer dit by die maatskappy se kultuur kom.

Sulke mense verstaan die belangrikheid daarvan en watter positiewe bydraes hulle kan maak, deur nie net hul mede-werkers te ondersteun nie, maar ook deur maniere te vind om die maatskappy in ‘n positiewe omgewing te bevorder.

Dit sluit in elke liewe werker, vanaf die persoon wat die tee maak tot die besturende direkteur.

Deur jou kollegas te ondersteun en hulle negatiwiteit te verander na ‘n positiewe gesindheid mag dalk net weer die glimlag terug bring op hul gesigte.

Doen gerus meer as wat van jou verwag word.

Dit is net dit, doen meer was wat jou werkgewer van jou verwag en doen selfs meer as wat jou kliënte of kontakte versoek.

Loop die ekstra myl.

Ek weet nie of almal met my sal saamstem nie, maar lojale werkers begin nie noodwendig hul dagtaak om 8vm en loop presies 4.30nm nie.

Nee, hulle dink aan hoe hulle ‘n werklike verskil kan maak en hoe hulle kan bydrae tot die groei van die maatskappy.

Hulle verstaan die status quo en streef daarna om een stap voor te wees en altyd bewus te wees van wat in die maatskappy aangaan.

Of dit in almal se broekspyp is om hierdie persoonlike belangstelling na te streef, is ‘n vraag wat slegs jy self kan beantwoord.

Om nuwe idees en gedagtes op die tafel te lê, voorstelle wat, hoe gering ookal, dalk kan realiseer is tog ook belangrik.

Ons spandeer soveel tyd by die werk en tussen ons kollegas dat ons soms ons eie waarde vergeet.

Moenie altyd net die probleme uitwys nie, maar probeer om met oplossings vorendag te kom.

Oplossings wat tot waarde is van jou kollegas sowel as vir die maatskappy.

Nie net sal jy groei nie, maar jy sal as waardevol beskou word.

Iemand wat suiwer motiewe het en dalk, met herhaalde ‘problem solving’ idees, maklik kan omswaai in ‘n onvervangbare werker vir die maatskappy in wie se diens jy staan.

Om meer te doen, beteken nie noodwendig om langer ure te werk nie.

Indien jy meer waarde in ‘n korter tydperk kan lewer in vergelyking met wat jou kollegas in ‘n vol dag kan doen, doen dit gerus, maar jy hoef nie laat te bly om ‘n punt te bewys nie.

Om meer te doen beteken maar net dat jy meer waarde toevoeg in die tyd wat tot jou beskikking is.

Jy het die vermoë om jouself onvervangbaar te maak, so maak gebruik daarvan.

Al wat jy hoef te doen is om jou sterk punte te identifiseer en om te bepaal hoe hard jy wil werk om egte werksverhoudings te kweek.

Jou bydra sal jou werksplek verander in ‘n vrugtevolle maatskappy en die toevoeging van meer waarde.

  AUTHOR
Anna Robertson
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Die stampe en stote van die lewe